Doktorsgraad in wynkunde is ‘net eerste stap’

Deur Chanté Daries

Toe sy as ’n jong bruin meisie op die skilderagtige wynplase van die Paarl grootgeword het, het Erna Blancquaert se fassinasie met die bewoording op wynbottels en haar liefde vir die natuur en biologie haar geïnspireer om eendag wingerdkunde te studeer.
Danksy daardie liefde en haar uithouvermoë het sy pas op 32-jarige ouderdom die eerste swart Suid-Afrikaanse ontvanger van ’n doktorsgraad in wingerdkunde geword. Blancquaert, wat haar graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, sê dit voel soos ’n wonderwerk.
“Soveel ure se harde werk, soveel laat nagte om my tesis klaar te maak. Dit is wonderlik om te sien my harde werk het vrugte afgewerp.”
Maar Blancquaert sê sy het dit ook gedoen vir die vele swart en bruin studente wat daarna smag om iets te bereik.
“Ek is die perfekte voorbeeld dat jy enigiets kan bereik met harde werk en deursettingsvermoë. Jy moet net ’n passie en ’n liefde hê vir wat jy doen.”
Volgens Blancquaert was haar eerste jare as student verskriklik moeilik, maar baie leersaam.
“Van die beste wynmakers nou in Suid-Afrika was in my eerstejaarsklas, wynmakers wat nou vir La Bonheur-, Nederburg- en Eikendal-wyne werk.
“Dit was moeilik en intimiderend, want baie van die studente kom van wynplase af of hul families besit ’n wynplaas . . . En hier is ek, ’n gewone meisie van die Paarl met groot drome.
“Dit het my definitief meer gemotiveer om my bes te doen.
“Elke dag leer ek iets nuuts oor wyn en dit is steeds wonderlik om te sien hoe die verskillende geure in wyn gevorm word.”
Haar bekoring met die geure het die kern gevorm van haar PhD-proefskrif. Sy het gefokus op hoe die lig en temperatuur ’n uitwerking het op die gewilde cabernet sauvignon-versnit.
Die afhandeling van haar doktorale proefskrif was nie die enigste groot gebeurtenis vanjaar nie. Blancquaert en haar man, Maarten, het ook hul seuntjie, Josh, in hul familie verwelkom.
“Om ’n tesis met een hand klaar te maak en jou babaseuntjie in die ander is nie ’n maklike ding nie. Dit het ook vir my deursettingsvermoë geleer.”
Dié doktorsgraad is net die eerste stap vir Blancquaert om hoër hoogtes te bereik.
Sy wil nog navorsing doen en help om nuwe idees in die veld van wynkunde te ontwikkel, onder meer oor hoe om beter plante te kweek.
“Die verandering in die klimaat speel ’n groot rol in die verbouing van plante en dit sal fassinerend wees om navorsing daaroor te doen,” sê Blancquaert.
Maar dié glimlaggende doktor van die Paarl wil nie net fokus op die akademie nie.
Sy wil help om mense te inspireer.
“Jy kan baie vermag wanneer jy op jou drome fokus en hard werk. Jy moet in jouself glo en altyd jou bes te doen.”
Blancquaert is tans ’n dosent in wingerdkunde by Maties.

Rapport – 20 Desember 2015

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s